TVH ОФИЦИАЛЬНЫЙ ДИСТРИБЬЮТОР ЗАПЧАСТЕЙ КОМПАНИИ LONKING

07 декабря 2015

Van nou af is TVH ’n amptelike verspreider van Lonking- vurkhyseronderdele vir die EMEA-streek. Lonking maak staat op TVH vir die vinnige en doeltreffende verspreiding van hulle onderdele in Europa, die Midde-Ooste en Afrika.

Lonking Holding Limited is in 1993 gestig en het intussen een van die grootste masjienvervaardigers in China geword. Die maatskappy beskik oor 19 volfiliale en 4 produksie basisse wat onderdele, vurkhysers en grondverskuiwingsmasjinerie vervaardig.

Voordele vir beide maatskappye

Danksy dié samewerking, kan Lonking nou sy kliënte ‘n na-bemarkingsprogram vir hulle onderdele bied. Dié venootskap stel TVH in staat om Lonking-vurkhyseronderdele aan te hou en te versprei na die kliënte in Europa, die Midde-Ooste en Afrika. Kliënte van TVH met ’n Lonking-vurkhyser kan nou TVH kontak vir die vinnige aflewering van hulle onderdele.

‘Die samewerking het ook ‘n beduidende uitbreiding van ons bestaande reeks van onderdele tot gevolg. Bykomend verbreed ons ook die eenstopwinkel ondervinding wat ons aan ons kliënte kan bied’, sê Johan Thermote, verkoopsdirekteur van TVH-onderdele.

Назад к обзору