TVH brei sy reeks onderdele vir hoogwerkplatforms selfs verder uit

27 March 2012

Op 17 Februarie het TVH – Thermote & Vanhalst die onderdelevoorraad oorgeneem van die Britse maatskappy Davis Access Platforms. As die Belgiese wêreldleier in hysertrokonderdele, het TVH hierdie geleentheid aangegryp om sy groei voort te sit in die mark vir spaaronderdele vir hoogwerkplatforms.

TVH het die algehele voorraad spaaronderdele van Davis Access Platforms oorgeneem. Die Britse Davis Access gaan voortaan slegs op sy kernbesigheid fokus, dit is Diens- & herstelwerkopleiding & verkope van masjiene.

Danksy die oorname van hierdie onderele groei TVH se aandeel in die mark vir hoogwerkplatformonderdele verder. TVH bied ’n reeks fabrikate, onder meer Genie, JLG en Haulotte. Vir hierdie 3 fabrikate het TVH ook ’n spesifieke onderdeelkatalogus. Elke onderdeelkatalogus bevat ’n keuse van batteryprodukte, elektriese en hidrouliese onderdele, motors, filters, ysterware, tallose toebehore, ... Alle vermelde verwysings is uit voorraad beskikbaar. TVH het ’n totaal van 19 000 voorraaditems en het ’n databasis wat meer as 400 000 bekende artikelnommers net vir hoogwerkplatforms bevat.

TVH het deurgaans die grootse voorraad onderdele vir hysertrokke, hoogwerkplatforms en industriële aanlegvoertuie in Europa. Die rekenaarbeheerde voorraadbeheer, professioneel-opgeleide spesialiste en ’n deeglik aanlyn aanbod verseker ’n vinnige en resultaatgeörienteerde oplossing. Die eie produksiewerkswinkel, streng gehaltebeheer, internasionale kontak en ’n dinamiese span waarborg die gehalte en ’n voordelige prysvasstelling. Maak nie saak van waar jy jou bestelling plaas nie, uarantee the quality and a favourable price-fixing. TVH lewer die bestelling wêreldwyd binne 24/48 uur af.

Back to overview